21
Sat, Dec

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Stephané Fourie 

Hierdie is 'n diabeet-vriendelike resep
• Ek vervang mayonaisse met lae-vet ongegeurde yoghurt, appelkooskonfyt met diabetiese konfyt, volroom melk met afgeroomde melk vir 'n gesonder resep. Ek hou ook van growwe swartpeper, vars gemaal en laat die room heel weg. Die room is vir die eiervlamengsel bo-op die bobotie en daarvoor verdun ek net die eiers met bietjie afgeroomde melk. Sultanas is vir my 'n moet, maar mense hou nie altyd van rosyne in kos nie, dan vervang ek dit met blatjang.

Bestanddele:
• 1 hoender, ontbeen en gevlok
• 1 koppie mayonaisse**
• 1 koppie appelkooskonfyt**
• 2 pakkies hoenderroomsop
• 350 ml volroommelk**
• 2 groot uie, fyngekap
• 2 groot eetlepels kerriepoeier
• 10ml suurlemoensap
• 3 ml gemengde speserye
• 100 ml sultanas**
• 5 eiers
• 5 ml sout
• 5 ml peper**
• 30 ml room
Metode:
• Kook hoender gaar met sout in water, laat effens afkoel en ontbeen en vlok.
• Braai uie in bietjie olyfolie tot medium gaar, voeg kerriepoeier by en braai bietjie.
• Meng die mayonaisse, appelkooskonfyt, hoenderroomsop alles saam, voeg die kerrie/uie mengsel by en meng goed deur.(Gebruik bietjie water of melk om mengsel bietjie meer vloeibaar te maak)
• Meng alles met gevlokte hoender. Mengsel kan nou of in individuele porsies of in een groot mengbak geplaas word.
• Meng eiers met melk en bietjie room, gooi bo-oor en bak tot gestol.