21
Sat, Dec

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AgriPulse-Vryburg – Wou jy nog altyd heerlike hoenderkerrie maak, maar kon nog nooit die geurigeheid en smaaklikheidspyker op die kop slaan nie?
Die maand hoef jy nie verder te soek nie, want AgriPulse het by Farhana Nanabhai gaan inloer en kon sy nie uitgepraat raak oor haar liefde vir kosmaak.
Dié Kerrie-fundie wat oorspronklik van Bronkhorstspruit afkomstig is, is deesdae `n tuisteskepper, ma van twee en werk deeltyds by `n bekende klerewinkel in Vryburg.
Sy vertel dat sy haar liefde vir bak en brou by haar ma en ouma geërf het aangesien sy vanaf haar elfjarige ouderdom gereeld in die kombuis moes uithelp.
Volgens Farhana is die gawe om te bak en kook iets wat mens kan aanleer en dat mens nie moet terugstaan bloot omdat resepte, kruie en bestanddele onbekend voorkom nie.
Sy pak elke resep gemaklik aan deur metodes vir haarself eenvoudiger te maak en dit net te geniet. Sy wys graag vir lesers hoe om heerlike kleurvolle en geurige hoenderkerrie voor te berei.

Bestanddele

1 hoender -sonder vel en ontbeen
2eetls fyn gemmer
1eetl fyn knoffel
½ teelp rissiepoeier
1 teelp paprika
½ teelp fyn swartpeper
½ teelp witpeper
2 teelp koljanderpoeier
1 teelp komynpoeier
¼ teelp borriepoeier
1 blikkie tamatie puree
1 fyngekapte ui
3 heel naeltjies
1 kaneelstokkie
3 swartpeper korrels
1 heel kardemom
1-2 teelp heel komynsaad
2eetl olie of ghee - botter
1 teelp kerrieklare – vars of gedroog
3 Aartappels in kwarte gesny. Vooraf gebraai vir `n krakerige buitelagie
2 tamaties versap
Vars dhania

Metode

Marineer bestanddele 1-11.
Braai bestanddele 12-19 oor lae hitte tot uie `n ligte goud kleur bereik.
Voeg gemarineerde bestanddele by uie. Verhoog hitte om hoender te seel. Verlaag dan geleidelik.
Voeg bietjie kookwater by nadat hitte verlaag is.
Toets of hoender amper gaar is deur die vleis van die been weg te lig. – as dit pienkerig is, kan dit nog kook.
Voeg nou bestanddele 20 en 21 by.
Kook teen lae temperatuur tot aartappel en hoender heeltemal gaar is.
Versier met fyngekapte dhania.

Volg dié skakel http://bit.ly/geurigehoenderkerrie om kortliks te sien hoe Farhana die kerrie voorberei.

Om die volledige berig in Engels te geniet, besoek graag http://bit.ly/colorfullcurry en kyk die video.