Dit moet seker lekker wees om in ‘n skoonheidsalon te werk? Dink net aan elke dag se wonderwerke soos deesdae se sogenaamde “make-overs” wat jy in omtrent elke tweede tydskrif of TV-program raakloop. G’n mens kan tog anders as om goed te voel oor jouself as ‘n vaal, moë en moedelose vroutjie die een oomblik jou salon binnekom net om ‘n uur of twee later as ‘n beeldskone, gesofistikeerde dame by die deur uit te trippel nie... So ‘n bietjie “raakvat” hier en daar, die hare so ietwat deurmekaar woel en dan weer mooi “regskuif”, ‘n lekker ontspannende gesigbehandeling en dan net die regte tikkie grimering deur iemand wat presies weet hoe – dit maak darem maar ‘n reuse verskil aan ‘n vrou se voorkoms nie waar nie?
Of wel, dit is wat ons meen min of meer in ‘n skoonheidsalon gebeur, dalk verloop die storie heeltemal anders. Uiteindelik sien ons mans tog maar net die resultate en verreweg die meeste hiervan is aremrowend, of wat sê ons manne?