Hantie Fourie sé die resep vir room hoenderlewers en sampioene is propvol geur en smaak - en dit maak dit 'n wenner. Dit is perfek as ‘n voorgereg of ontbyt en word met vars brood en plaasbotter bedien. Sy is een van ‘n tweeling en saam deel sy en haar broer ‘n skreeusnaakse humorsin. Sy bedryf 'n koffiewinkel.
Deur Hantie Fourie
Bestanddele:
• 500g Hoenderlewers
• 250g sampioene
• 1 Ui
• Knoffel
• 250 ml Room
• 25 ml Bruin-uie soppoeier
• 25 ml Sweet chilli-sous
Metode:
• Braai die uie en knoffel tot sag
• Voeg die lewertjies by
• Voeg die sampioene en sweet chilli-sous by
• Meng soppoeier met room
• Voeg by en kook tot die sous verdik
• Bedien met vars gebakte brood en plaasbotter.