20
Mon, May

Salads & Sides
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Adrie Wahl is ‘n prokureur in Klerksdorp. Sy hou van lees en om met haar kamera om die nek, interessante bestemmings te verken. Sushi is haar gunstelingkos. Sy deel graag die resep vir ‘n mieliegereg wat heerlik is as ‘n bykos saam met braaivleis.

Tannie Elna se Mieliegereg

Bestanddele:
• 2 blikke sweetcorn
• 4-6 eiers
• 1/2-1 koppie suiker (na gelang van smaak)
• 4-6 snye brood
• Knippie sout
• Knippie bakpoeier
• Teelepel botter/ margarien
• Melk

Metode:
• Week die brood in bietjie melk, net totdat die brood klam is.
• Voeg die suikermielies, suiker, sout, bakpoeier, margarien en eiers by.
• Meng al die bestanddele goed.
• Smeer 'n bak wat veilig is om die oond te gebruik met margarien of spuit met Cook n Spray.
• Neem die bestanddele en sit dit in die bak.
• Sit die bak in 'n voorverhitte oond en laat dit bak teen 180°C.
• Laat dit bak vir ongeveer 45 tot 60 minute
• (Toets met 'n vurk of dit gaar is).
• Mieliegereg kan daarna in louoond bly totdat braaivleis of ander geregte gaar is.