20
Mon, May

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Anneke Myburg berei dié ete graag voor vir die mans in haar lewe. Haar man en twee seuns se gunstelinggereg is maklik om te maak en lekker trooskos veral in die winter. Hulle woon op Stilfontein.

Maalvleis-en-slaptjips-verrassing

Deur Anneke Myburg

Bestanddele
• 1 kg Maalvleis
• Kookolie
• Uie
• Sout en Peper
• Geurspeserye (Peri-Peri of kerrie na smaak)
• Blatjang

  • 1 kg Slaptjips (Slap of krakerig)

Sous
• 1 Koppie botter
• 1 Koppie meel
• Sout en Peper
• 3/4 Koppie melk
• 1 Koppie kaas van u eie keuse

  • Braai die uie in kookolie en voeg maalvleis, sout en peper by.
    • Braai tot bruin en voeg blatjang en geurspeserye by.
    • In die proses moet die slaptjips al gaar gemaak word en voorberei word.
    • Op medium hitte, smelt botter en voeg meel stadig by
    • Roer aanhoudend en voeg melk by.
    • Voeg kaas by en roer tot 'n medium dikte sous
    • As klonte voorkom, blits dit met 'n handblitser
    • Bedien die maalvleis onder, sit tjips bo-op en bedek met kaassous, sout en peper.