21
Sat, Dec

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Yvonne Myburg van Stilfontein se kleinkinders is haar vreugde. Sy was in haar loopbaan as onderwyseres altyd deur kinders omring en nou vervul haar eie kleinkinders daardie leemte. Ouma Vonnie se soet-suut kerriebolle is ‘n groot gunsteling onder die kleinkinders. Sy probeer gereeld nuwe resepte wat sy op Facebook raaksien.

Deur Yvonne Myburg

(Genoeg vir 'n gesin van 5)
Benodig:
Bolle:
• 2kg Maalvleis
• 2 eiers
• Sout en Peper
Sous:
• 1 Ui in blokkies
• ½ koppie olie
• ¼ bottle asyn
• 1 eetlepel kerrie
• 1 klein blikkie appelkooskonfyt
• 200ml tamatiesous

Metode:
• Meng die maalvleis met genoeg sout en peper en voeg die eiers by.
• Maak dit in medium bolletjies en en braai dit tot ligbruin in 'n braaipan.
• Sit dit eenkant neer.
• Maak die sous deur om die uie blokkies en olie saam te braai en te laat prut.
• In 'n aparte bak, meng die asyn, kerrie, konfyt en tamatiesous.
• Meng dit alles saam en gooi dit oor die bolle. Bak tot dit prut.
• Bedien saam met kapokaartappels of rys .
• As die smaak te gal is of na kerrie proe, voeg nog appelkooskonfyt by.