20
Wed, Nov

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Agri-Pulse-Vryburg – Salomè Scholtz, bekende jong boer en stoetteler in plaaslike Brahman-kringe het onlangs vir ons gewys hoe `n tradisionele beesstert voorberei en bedien moet word.

Tydens die kooksessie met dié oudleerder van die Hoërskool Stella en haar passie vir Brahmane, sal sy mens maklik oorreed om van al jou probleme in die stad/dorp ontslae te raak en ook die plaaslewe met sy vars lug en ooptes na te jaag.  
Salomè vertel dat alhoewel sy `n intensiewe stoet bestuur sy dit veel eerder bo `n kommersiëlestoet verkies.
“Genetika, veral by die Brahmane lê my baie na aan die hart en ook `n hegte verhouding met elke liewe een van die diere in my stoet,” vertel die positiewe vrou.

So maak jy...

Benodighede:
2 Eetlepels Olyfolie
1kg beesstert (opgesny)
Halwe ui opgekap (na smaak)
3 groot aartappel (opgesny)
2 wortels (opgesny)
1 teelepel sout
Peper na smaak
20ml Worcestersous
Halwe koppie tamatiesous
2 Eetlepels blatjang
2 Eetlepels beesstert soppoeier
1L kookwater

Metode:
Gooi een eetlepel olyfolie in `n pot en verhit.
Braai halwe ui tot goudbruin en skep uit pot uit.
Gooi nog een eetlepel olyfolie in dieselfde pot en sit beesstert daarby.
Braai die beesstert tot goudbruin.
Voeg die 20ml woestersous en roer deur. Volg dan met 750ml water.
Maak pot toe en kook oor matige hitte vir ongeveer twee na twee en `n half ure.
Wanneer die vleis wegtrek van die bene kan die aartappels en wortel in die pot gesit word.
Voeg een teelepel sout by.
Maak pot toe en kook verder vir 20min of tot groente gaar is.
Meng die soppoeier saam met `n koppie water en voeg dan in pot.
Meng die tamatiesous en blatjang saam.
Roer die mengsel saam met `n koppie water in by vleis.
Voeg peper na smaak by.
Laat vir nog 5min op lae hitte prut.
Sit plaat af en bedien.

*Die smaaklike beesstert is met rys en groenboontjiebredie bedien. Kliek HIER om die video te kan sien.