20
Mon, May

Lamb
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Hier, so net voor die winter van 2014 se swanesang en voordat almal weer oor die hitte begin kla, het ons vandeesweek weer ‘n lekker “wintergereg”. Na die afgelope twee weke se lekker sopgeregte waaraan veral ons hier by die Rustenburg Herald lekker gesmul het, hervat ons vandeesweek ons reeks kuierkoke by die klompie VLU-dames van Brits waar ons vroeër hierdie winter gaan kuier het.

Om die waarheid te sê, vandeeweek kuier ons by ons gasvrou - Betsie Putter, wat hier vir ons ‘n baie lekker Kerrie-skaapskenkelgereg gemaak het soos net die mense op die platteland dit kan doen. Ons sê byvoorbaat dankie en onthou - ons kuier hierna vir nog ‘n verdere twee weke op Brits voordat ons weer verder ry... Betsie se kerrie-skaapskenkel is ‘n familiegunsteling en sy maak dit so: (Dit is regtig watertandlekker!)

Bestanddele: 
1 kg skaapskenkels
1 groot ui - gekap
3 knoffel-vingers - gekap
12 klein aartappeltjies
3 teelepels sout (minder ook as jy verkies)
‘n kwart teelepel komyn
1 eetlepel geurige kerriepoeier
½ teelepel borrie
1 gekapte tamatie
5 naeltjies
2 eetlepels kruie-asyn
2 eetlepels olyfolie
sousverdikker

Metode:
Braai uie en knoffel in die olyfolie tot goudbruin. Voeg vleis by en verbruin. Voeg sout, peper, naeltjies, komyn, kerriepoeier en borrie by en meng goed. Voeg nou asyn, tamatie en genoeg kookwater by en laat stadig kook tot vleis amper sag is.
Voeg nou aartappeltjies by en kook stadig tot sag. Verdik die sous met enige sousverdikker van jou keuse. Laat nog ‘n rukkie prut en bedien saam met basmati-rys en ‘n lekker groen slaaitjie - absoluut heerlik!