20
Mon, May

Lamb
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die Noord-Kaap is vleiswêreld en juis daarom het Marina Scheepers, ‘n joernalis by die Gemsbok koerant op Upington, dit goed gedink om haar  skaapboud-bredie-resep met ons te deel. Skaapboudbredie is klassieke trooskos gemaak met lam, aartappels, groente en kruie. 

Al wat jy nodig het is ‘n lekker skaapboud,  groente en - ‘n drukkoker.
Ek is mal oor hierdie bredie, want dit is ‘n manier om al die groente wat agter in die yskas skuil, op te gebruik. 
Jy het beslis uie, wortels en aartappels nodig. 
Maar daarna is jou opsies onmeetbaar. Gebruik net wat jy beskikbaar het.
Om my bredie te geur, gebruik ek knoffel, worcestersous, roosmarynsout ens. 
Stel die drukkoker op die soteer (of verbruining) funksie en verhit die olie.
Voeg die uie  en fyngekapte knoffel (en dalk seldery) by die drukkoker en roer dit totdat hulle begin sag word.

Voeg die lam by – en geur met bietjie worcestersous.
Jy kan die lam met ’n tang omdraai – om dit aan alle kante te verbruin.
Jy sal vind dat die lam van sy vet vrygestel het,  so jy hoef nie enige bykomende olie by te voeg nie. Geur jou skaapboud met roosmarynsout en kook vir 30 minute op die ‘Stew’-funksie 
(of die hoogste instelling op jou eie drukkoker).
Na 30 minute, laat die druk op die drukkoker los en kontroleer die lam. 
Dit moet amper gaar wees.
Voeg die oorblywende groente by, proe vir geurmiddels en 
voeg nog by indien nodig en kook vir nog 20 minute op die hoogste verstelling (Stew).
Verlig die druk en roer goed.