18
Mon, Nov

Venison meat
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Antoinette Minnie van Klerksdorp hou van onthaal, reis en om nuwe plekke te ontdek. Sy eksperimenteer graag in die kombuis met nuwe disse en skerts dat jy nooit te veel souse in jou koskas kan hê nie. Sy ontspan op haar lekkerste in die natuur en manlief is mal oor haar wildspotjie.  Sy bedien dit met stampmielies of rys.

deur Antoinette Minnie

(Mates is na smaak)

Bestanddele:
• Gemsbok Skenkels
• Olie
• Ui
• Knoffel
• Worcestersous
• Balsamiekasyn/Rooiwyn
• Koljander
• Sout en swartpeper
• Rooipeper
• Braaivleisspeserye
• Aartappels
• Bruinuiesop
• Tamatiepuree
• Blatjang              
• Suiker
Metode:
• Braai ui en knoffel in olie. Voeg Worcestersous, balsamiekasyn/rooiwyn en koljander by.
• Voeg skenkels by en braai tot geseël en bruin.
• Voeg sout, swartpeper, rooipeper en braaivleisspeserye by.
• Voeg genoeg water by om skenkels te bedek.
• Verlaag hitte en prut vir ongeveer 1 - 2 ure, tot vleis sag is.
• Voeg aartappels by.
• Meng bruinuiesoppoeier met water en voeg by.
• Voeg tamatiepuree, blatjang en suiker by.
• Prut vir nog 30 - 45 minute.
• Bedien met stampmielies/rys.
Opsionele groentes: Groenrissie, sampioene, wortels, patty pans