21
Sat, Dec

Chilled Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Maggie Botes van Klerksdorp deel die ou gunsteling resep en sê dit is net die regte trooskos vir ‘n slegte dag. Sy gebruik Orley Whip in plaas van regte room, maar die resep kan ook met room gemaak word.

deur Maggie Botes

Bestanddele:
• 1 pakkie karamel tennisbeskuitjies
• 1 pakkie peppermint tenniskoekies
• 1 blikkie gekookte kondensmelk
• 2 bottels Orley Whip
• 1 groot peppermint sjokolade

Metode:
• Pak die koekies in 'n groot bak, smeer gekookte kondensmelk oor.
• Klits die orley whip lekker styf en gooi so 2 eetlepels strooisuiker by, klop nog stywer.
• Gooi 'n laag oor die koekies en rasper die helfte van die sjokolade oor die room.
• Herhaal dieselfde stappe weer bo-oor die room met koekies en weer met orley whip en rasper die res van die sjokolade oor.
• Laat stol 'n uur in die yskas.