21
Sat, Dec

Confection
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Nadia Engelbrecht se soettand laat haar die heeltyd eksperimenteer met die heerlikste doughnuts en fudge. Sy wil ‘n verskil maak in haar gemeenskap en het haar eie winkel waar sy heerlike tuisgebak verkoop.

OLIEBOLLE

Deur Nadia Engelbrecht

Lewer 8-10 oliebolle
Bestanddele:
• 500ml witbroodmeel
• 5ml sout
• 1x10g droë gis
• 30ml botter
• 1 eier, geklits
• 170ml warm melk
• strooisuiker
Metode:
• Sif meel en sout saam en voeg gis by.
• Vryf botter in meel tot dit soos broodkrummels lyk.
• Meng die eier en melk en voeg by die meelmengsel.
• Meng tot 'n deeg en knie vir 10 minute tot deeg glad en elasties is.
• Laat die deeg vir 30 minute rus.
• Knie deeg af in vier dele, maak plat en vorm oliebolle.
• Laat die bolle rys vir 20 minute.
• Bak in diep olie tot goudbruin aan albei kante.
• Dreineer op papierhanddoek en rol in strooisuiker of maak 'n sous.
Sjokoladesous
100ml gouestroop, 150ml kakaopoeier, 1blik kondensmelk, 5ml vanielje.
• Verhit stroop effe op stoof, voeg kakao by en meng goed, voeg kondensmelk en vanielje by.
Karamelsous
250ml room, 30ml stroop, 65ml strooisuiker, 5ml mielieblom, koue water.
• Verhit als behalwe mielieblom en water oor lae hitte tot suiker opgelos is.
• Laat prut vir +-15min tot karamel kleur.
• Meng mielieblom met bietjie water tot gladde pasta vorm.
• Voeg by sous en laat verder prut tot sous effe verdik.