20
Mon, May

Hot Beverages
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Nouja, elke jaar dié tyd is ons vir ons "raak die 'klits' kwyt" rubriek naarstiglik op soek na 'n ietsie warms om die lang, koue aande voor die tv (en/of) die kaggelvuur soveel meer aangenaam te maak voordat ons slaaptyd met 'n bietjie meer warmte in en om die lyf gaan inkruip. Hoewel ons hierdie winter (behalwe nog net so vinnige een keer) nie veel rede gehad het om te kla oor die koue nie, lê Juliemaand grynsend vir ons en wag en as jy iemand is wat hou van 'n lekker sop, Milo, iets soortgelyk spesiaal vir die wintersaande, is hierdie heerlike warm-sjokoladedrankie en 'n eetdingetjie vir die kleingoed (of die soettande) net die antwoord. 

Dit gaan jou skaars 'n kwartier neem om 'n paar lekker groot bekers van net omtrent almal se gunstelingdrankie voor te berei. Hierdie is 'n spesialiteit wat Rustenburg Herald se jongste Bruid van die Jaar - Charlotte Brits - en manlief Johann. Dit werk so: 

Warm-sjokoladedrankie

1/4 koppie kakao
1/2 koppie suiker
1/2 teelepel sout
1/3 koppie water
4 koppies vars melk
1 teelepel Vanilla-ekstrak

Metode:

Meng al die bestanddele saam in 'n souspan. Voeg die water by en verhit tot kookpunt. Laat vir ongeveer 1 minuut saggies kook. Voeg nou die melk by en hou op die stoofplaat totdat dit weer lekker warm, gereed vir drink is. Verwyder van stoof, voeg die Vanilla-ekstrak by, roer goed, gooi/skink in lekker groot bekers en bedien. 

Campfire Cones

Wat al te lekker is om saam met die sjokoladedrankie te geniet - is Charlotte se "Campfire Cones" - veral as die Sondagaandfliek op tv nog lekker lank is en jy van vroegaand af al 'n holkol op die maag het. Manlief en die kinders sal al te heerlik saam met jou hieraan knibbel... Dit is selfs nog makliker om te maak. Jy maak so: 

Neem 'n paar suikerkeëls (Sugar Cones - die goeters wat jy met roomys vul as jy gewone roomys maak). Gooi in elke "cone" so 'n goeie halwe handvol mini-malvalekkers (of gesnyde grotes as jy nie die kleintjies het nie) . Sny 'n piesang in 'n paar lekker dun skyfies, plaas dit bo-op die malvalekkers in die "cones" en heel laaste so twee of drie sjokoladelekkers (sommer Rolos) heel bo-op. Bedek die opening sodat die "vulsel" nie uitloop as jy dit warm maak nie, plaas vir 'n paar minute in vooraf-verhitte oond of vir sowat 30 sekondes (elk) in die mikrogolfoond. Haal uit, laat effens afkoel en geniet saam met jou sjokoladedrankie en jy het 'n perfekte wintersaand!