20
Mon, May

Fish
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Stefaans Coetzee is deesdae ‘n skrywer en resensent en word ook gehoor op die gemeenskapsradiostasie Life FM wat vanaf Klerksdorp uitsaai. Hy is nie regtig ‘n bobaaskok nie en hou eerder van maklike pasta of braaivleis. Hierdie stokvisgereg is lekker vir afwisseling.

deur Stefaans Coetzee
(genoeg vir 3 mense)

Bestanddele:
• Stokvis en skelvis in fillette gesny
• 1 Ui gekap
• Knoffel (na smaak). Stefaans en sy vriende is nie skaam met knoffel nie.
• 1 houer suurroom.
• 1 houer vars room
• 2 houers kaassous
• Vis speserye (robertsons)

Metode:
• Pak die uie in 'n mengbak met die knoffel bo-op.
• Pak dan die vis fillete oor.
• Maak 'n mengsel van die suuroom, room en kaassous en gooi dit bo-oor.
• Sprinkel vis speserye oor. Bak die lekkerte vir 40 minute.
• Kaas kan ook bo-oor gestrooi word voor jy die bak in die oond sit.
• Bedien met rys, 'n gebakte aartappel of 'n slaai.