20
Mon, May

Met die rugby van die afgelope naweek ‘n volwaardighede weskus/ooskus-afêre kon ons nie die versoeking weerstaan om te wonder wanneer laas ons ‘n lekker vars snoek op die kole gebraai het nie. Oor die afgelope naweek was snoek en patats ongetwyfeld die inding in die Kaap en in Natal het die manne sekerlik die seekos en kerrie laat les opsê - dit nou saam met al die ander goedjies wat met feesvieringe gepaard gaan natuurlik... Ons hoop dus jou span was aan die wenkant en met die wete dat die Curriebeker vanjaar êrens langs die kus slaap, lig ons ons glasies hoog op die wenspan! Maar terug na die snoekstorie... 
Theo Groenewald is iemand wat sy snoek ken - as boorling van die Oos-Kaap (Port-Elizabeth) het Theo van kindsbeen af geleer hoe ‘n snoek gebraai moet word. Daar is letterlik so baie gewoontes, geheime en resepte vir snoekbraai as hengelstories - Theo het vir ons gewys (en laat proe) hoe hy geleer het om snoek te braai. 
Nog voor jy vuurmaak en die wyntjie skink, moet jy eers seker maak van jou bestanddele en jou snoekie se marinade-sousie... Theo glo onverbiddellik aan sy knoffel en atjar-kombinasie met ‘n tikkie suurlemoensap en ‘n paar kruie. Sy bestanddele lyk so:

Read more …DIS SNOEKTYD...IN DIE KAAP!

Mari Nagel is lief vir tuinmaak, bak en brou en voorsien ‘n paar koffiewinkels in Klerksdorp van heerlike tuisgebak. Dié tuna roulade is indrukwekkend op die koffietafel en baie maklik om self te maak - boonop met bestanddele wat jy gewoonlik in die koskas het.

Read more …TUNA ROULADE

Johan Gerber se Bombay Sardyn blatjang was ‘n grendeltyd-koseksperiment wat heerlik uitgedraai het. Met ‘n blikkie sardientjies tower hy ‘n gastronomiese simfonie van smake op. Die verskillende soet-en-sout smake verweef met die geure van masala en koljander proe heerlik. Probeer gerus.

Read more …BOMBAY SARDYN BLATJANG
Page 2 of 2