20
Mon, May

Salads
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Maar ja, dit sal lekker wees as Suid-Afrikaanse rugby eendag weer teen net vyftien man op die veld hoef te speel en nie altyd ‘n ogie op die “ref” ook moet hou nie. Elk geval - nog skaars is die winter verby of die kraaie gaap al weer. Kan jy glo - net verlede naweek waai die winde die wit waks uit ons uit en ‘n dag of twee later styg die kwik tot by 37°C. Daar is werklik geen lente in Suid-Afrika nie. 
Daarom dan hierdie week ‘n verrassend-lekker Somerslaai wat ‘n ou Rustenburger Adri Jacobs (Van Vuuren) vir ons maak. Adri is na ‘n baie lang afwesigheid weer terug in Rustenburg nadat sy vir 30 jaar ‘n inwoner van Klerksdorp was. Sy is by uitstek ‘n netbal-afrigter en was onder meer afrigter van die Hoërskole Wesvalia en Goudkop se netbalspanne. In Rustenburg was Adri verlede jaar as “buite-afrigter” by die Hoërskool Rustenburg betrokke en hier het haar span as ligawenners geëindig en daarna na Singapoer getoer waar hulle ook goed van hulself rekenskap gegee het. By laerskole en kleuterskole is Adri gewild as Playball-afrigter... Adri is die oudste suster van ewe-bekende Rustenburgers Jannaman van Vuuren en Lindie Viviers en sy is getroud met Jakes Jacobs. Maar genoeg van die familie - Adri maak vir ons ‘n maklike, eenvoudige en uiters gesonde somerslaai uit ‘n ietwat rare kombinasie van vrugte en lekkergoed. Op ‘n warm dag is die somerslaai heerlik saam met gebraaide hoender - of as jy dan nou wil - ‘n stukkie gebraaide wors...

Somerslaai-Bestanddele
1 pakkie aarbeie (sny in halwes) 
1 pakkie wit druiwe (sny in halwes)
2 sirkels Feta-kaas (sny in blokkies)
1 klein papaja (sny in blokkies)
1 groot Peanut Snack (breek in stukkies)
2 groot hande vol ROCKET–blare

Metode
Rangskik mooi en dien op in mooi wit bord. Ideaal van hierdie somerslaai is dat jy geen slaaisous nodig het nie – die vrugte maak letterlik sy eie sous.