20
Mon, May

Salads
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

In vandeesmaand se kookrubriek stel ons ons landbouvroue voor aan ‘n egte Italiaanse slaai (Panzanellaslaai) wat ‘n voorslagkok – Lunel Klopper van
“The Professional Cooking Academy” in Noordwes vir ons voorberei. Hierdie slaai is as’t ware ‘n maaltyd op sy eie, maar soos dit ‘n goeie “boervrou” betaam, bedien sy dit saam met ‘n heerlike “rib-eye” biefstuk wat ons manne heeltemal tevrede sal laat.

Sy maak dit so:
Bestanddele
    
• 200g dag oue ciabatta-brood
• 600g gemengde en ‘n verskeidenheid kleure    babatamaties
• 1 handvol Kalamata-olywe
• 1 rooiui papier dun gesny
• 1 rooi soetrissie in dun skywe gesny
• 200g of bocconcini mozzarellakaas of enige wit kaas, selfs camembert
• ‘n handvol vars blaarslaai of babaspinasie of gemeng
• 2 eetlepels witwynasyn
• 5 eetlepels olyfolie, meer vir die sous as daar te veel asyn is
• ‘n handvol vars basieliekruid of 1 eetlepel gedroogde basieliekruid
• 200g vars bloubessies of gemengde bessies
• varsgemaalde sout na smaak
•varsgemaalde peper

Rib-eye biefstuk
1 rib eye steak gebraai na smaak maar verskieslik onder gaar.

Metode
Voorverhit oond tot 180°C. Sny die soetrissies in repies met uie en sprei uit op bakpapier met olyfolie en in ‘n oondvaste bak en bak vir 10 min of tot begin bruin raak aan kante en sag, sit eenkant en laat afkoel.
In a “non stick” pan, sit olyfolie en voorverhit die pan, breek stukke van die brood af en braai tot brosbruin is, sout en peper na smaak en sit olyfolie by soos nodig, koel af voor jy dit by slaai voeg om te verhoed dat blare verlep.
In dieselfde pan waarin jy die brood bros gebraai het, gooi tamaties in en maak gaar tot skil begin lostrek, gooi asyn oor en braai vir ‘n paar sekondes tot asyn begin droog braai.
Meng die soetrissies, tamaties en uie saam met witwynasyn en olyfolie vir ‘n sousie. Breek die basieliekruidblare in stukkies in die bogenoemde mengsel in of die gedroogte basielie kruid. Nou is dit tyd om jou slaai in lae te pak.
Begin deur jou bak te kies en ‘n laag van jou blare in die bodem van die bak te pak. Gooi nou jou groentemengsel met sous oor die eerste laag blare en rangskik die tweede laag blare met die broodstukkies en kaas soos jy wil.
Strooi die vars bessies oor die slaai en eindig af met die laaste bietjie vars basieliekruidblare. As jy jou vleis gaar het, maak seker dit is afgekoel voor jy dit op die slaai sit om te verhoed dat die blare pap word. Rangskik die vleis in repies bo-oor die slaai en laat jou gaste baljaar!