21
Sat, Dec

Vegetables
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Natasha van Heerden se pampoenkoekies is ’n gunsteling in haar spyseniersonderneming in Klerksdorp. Dit is malik om te maak en ‘n lekker soetbederf saam met enige maaltyd.

PAMPOENKOEKIES

Deur Natasha van Heerden

Bestanddele:
• 1/2 k gaar pampoen
• 3/4 k meel
• 2 t bakpoeier
• 2 eiers
• Knypie sout
• Genoeg olie om poffertjies in te bak.
Metode:
• Meng die pampoen, meel, bakpoeier, sout en eiers saam.
• Verhit die olie en bak teelepels vol in 'n pan.
• Dreineer op kombuispapier en pak dit in 'n oondbak.

Sous
• 1 k water
• 3/4 k suiker
• 2 t suurlemoensap
• 1 e botter
• 1 e vlapoeier
• 2 e melk
• Knypie sout
• 1/2 t kaneel
Metode:
• Kook water, suiker, botter en sap saam.
• Maak 'n pasta met die vlapoeier en melk, roer by en kook tot dik.
• Haal van die stoof af en roer sout en kaneel by.
• Giet oor pampoenkoekies. Bedien warm.