20
Mon, May

Vegetables
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Dit is einde van die jaar - of amper dan - en sake-ondernemings, staatsintansies en oral waar mense vir die afgelope minstens 12 maande saam geswoeg het om die boeke te laat klop en te sorg dat daar darem 'n winsie of wat is sodat elkeen van ons darem 'n "broodjie" kan koop, is jaareindfunksies geruime tyd reeds en vir die volgende klompie weke aan die orde van die dag. 
Ons hier met die emmers vol drukkersink in die agterplaas het self onlangs die voorreg gehad om 'n uitdagende jaar in die geselskap van kollegas en vriende op die agterent te skop. By ons is dit nou al baie jare gebruik dat Johan en Ronel Bezuidenhout vir die heerlikste eetgoedjies sorg - mense wat die predikants-egpaar ken, sal weet dat al die gereelde gestanery agter die kospotte een van die redes is hoekom ds Johan dit selde nodig vind om vir 'n wyle te gaan sit wanneer die gemeente 'n loflied sing. 
Hier by ons jaareindparty het ons sommer van die geleentheid gebruik gemaak om Ronel vir haar heerlike pampoenkoekie-resep te pols. Almal wat die Bezuidenhouts ken, sal weet dat Ronel se pampoenkoekies maar net enkele van haar rits geheime in die kombuis is waarvoor sy sonder uitsondering gekomplimenteer word. Nouja, dit is amper al 'n bekvol gepraat - tyd vir "koekies bak"... Ronel maak haar pampoenkoekies so:

Bestanddele:

2 koppies gaar pampoen, fyngedruk
3/4 koppie meel
3 eiers geklits
sout

Metode:

Meng alles goed. Bak skeppies pampoenkoekies in vlak olie tot bruin aan weerskante. Strooi kaneelsuiker oor voor jy opdien.

Sous

2 koppies suiker
1 koppie water
½ koppie melk
2 eetlepels Margarine
2 teelepels Maizena (meelblom)

Metode:

Meng alles behalwe Maizena in 'n kastrol. Roer tot suiker opgelos is en laat kook. Verdik die sous met Maizena opgelos met 'n bietjie koue water. Kook vir een minuut. Gooi warm oor koekies en bedien.