21
Sat, Dec

Vegetables
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

PAMPOENTERT

Bestanddele
• 1.5 kg botterskorsies (butternut) in blokkies van 2 cm x 2 cm gesny (gekook tot gaar, gedreineer en afgekoel)
• 3 eiers (geklits)
• 250 ml (1 koppie) room
• 250 ml (1 koppie) melk
• 30 ml vanilla geursel
• 250 ml (1 koppie) koekmeelblom
• 250 ml (1 koppie) suiker
• 20 ml bakpoeier
• 5 ml sout
• Kaneel (vir bo-oor sprinkel)
Metode

• Smeer 'n groterige oondvaste bak met margarine of bespuit met smeermiddel en voorverhit oond tot 160˚C.
• Meng die geklitste eiers, room, melk en vanilla geursel in 'n groot mengbak.
• In 'n ander mengbak, sif meel en bakpoeier en meng suiker en sout by.
• Meng die afgekoelde pampoen by die eier-en-roommengsel en roer die droë bestanddele in tot goed gemeng (die mengsel is relatief slap).
• Gooi pampoenmengsel in die gesmeerde, voorbereide bak, strooi kaneel bo-oor en bak vir omtrent 60 tot 75 minute tot gaar.
• Laat staan dit egter net 'n rukkie voordat jy opskep sodat dit goed kan stol.
• Bedien 6 tot 8 mense.
Variasies
• Rooster 60 ml tot 125 ml (na gelang van smaak) klapper in 'n droë, warm pan en voeg by. Wees versigtig met hoe warm jou pan is anders brand dit baie vinnig en roer dit gereeld.
• Vervang vanilla geursel met karamel geursel.
• Jy kan selfs ekstra "Caramel Treat" in blokkies "sny" en saggies deurmeng, of jou eie gekookte kondensmelk.
• Probeer gerus iets anders soos geblikte tertappels of pere of perskes. Halveer dan net die ander bestanddele en gebruik liefs 2 blikkies (ongeveer 410 gram) en onthou om vrugte dan ook goed te dreineer.