20
Mon, May

Sjoe, en uiteindelik is al die vakansiedae en langnaweke verby... “Nee, ons grap maar net, ons weet ons mense geniet ‘n rusdaggie of twee om van ‘n langnaweek nie eens te praat nie. Maar ‘n mens kan met vrymoedigheid aanneem dat ons vroue ‘n sug van verligting slaak. Oor die afgelope twee langnaweke is daar ongetwyfeld lekker oor-en-weer gekuier en behalwe nou vir die een of twee keer wat pa ‘n paar stukkies vleis oor die kole gegooi het, moes ma en sus maar telkens inspring om al die honger magies aan die gang te hou. ‘n ‘n Vrou se werk hou mos nooit op nie...
Maar noudat die luilekkerdae voorlopig iets van die verlede is en die huisgesin se roetine vinnig besig is om na normal terug te keer, (die skole begin volgende week) dink ons aan ‘n eenvoudige gereg wat maklik en vinnig is om gereed te kry as jy moeg van die werk af kom of nee wag, vir daardie laaste, enkele vakansiedag Donderdag vandeesweek.
Terwyl vanjaar se mielie-oes tans so belowend op die land staan (veral nadat dit vir maande gedreig het om ‘n “droogte-oes” te wees) is Magdalean Spies van Zeerust se mieliegereg dalk net die ding. Magdalean is die voorsitter van die Platina-streek se Zeerust-tak in die Vrouelandbou-unie. Soos ons lesers onthou was ons die laaste klompie weke besig met ‘n klein reeksie kosmaakartikels na ‘n lekker kuiertjie by VLU-dames daar in die bosveld. Hierdie is ‘n vinnige, maklike gereg wat heerlike vullend en “warm” is en wat gerus in die lig van die komende winter teen die yskasdeur geplak kan word. Magdalean maak dit so:

Read more …GEURIGE MIELIEGEREG VIR LUILEKKER DAE

PAMPOENTERT

Bestanddele
• 1.5 kg botterskorsies (butternut) in blokkies van 2 cm x 2 cm gesny (gekook tot gaar, gedreineer en afgekoel)
• 3 eiers (geklits)
• 250 ml (1 koppie) room
• 250 ml (1 koppie) melk
• 30 ml vanilla geursel
• 250 ml (1 koppie) koekmeelblom
• 250 ml (1 koppie) suiker
• 20 ml bakpoeier
• 5 ml sout
• Kaneel (vir bo-oor sprinkel)
Metode

Read more …PAMPOENTERT

AgriPulse-Tosca - Met die Paasnaweek wat agter die rug is en die rits vakansie dae wat nog voorlê is vingerhappies die ideale dis om vir jou gaste voor te sit.Die maand wys Casper Kriel (22) vir lesers hoe om die perfekte gekrummelde sampioene te maak. Casper wat in die Molopo groot geword het, hou homself deesdae haarstilis in Potchefstroom en geniet die kombuis in sy vrye tyd.Hy het sy passie vir kosmaak ontdek op `n 8-jarigeouderdom en vind dit as die mees terapeutiese ding om te doen. Omdat hy in `n klein dorpie groot geword het, vertel Casper moes hy leer om klaar te kom met wat in die huis is. Dus beskryf hy sy kookstyl as maklik, vinnig, goedkoop en lekker. “Ek wil graag ander mense inspireer om hul eie twis by resepte te voeg sodat hul dit ook ten volle kan geniet,” sluit hy af.Gaan kyk gerus na die wat Casper gemaak het by http://bit.ly/sampioene.

Read more …GEKRUMMELDE SAMPIOENE

Agri-Pulse – Rustenburg – Who doesn’t like potato?  They are so versatile, and prepared correctly, they are fit for a king. Potato wedges have always been a crowd pleaser – but they can be tricky to make. You do not want them pale and mushy; you want them golden brown, crispy and bursting with flavour. Here is a great recipe to try out:

Potato Wedges
Ingredients:
8-10 medium sized potatoes
Salt
Olive oil
Garlic  (But you may leave it out if you prefer and substitute with Rosemary)
7,5ml Baking soda

Method:
Pre-heat oven to 180° C.
Rinse the potatoes and chop into quarters.

Read more …PERFECT POTATO WEDGES
Page 2 of 2