20
Mon, May

Other
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Maryna Erasmus is ‘n grafiese ontwerper by Klerksdorp Rekord. Sy beskryf haar groentesop as trooskos vir die winter en maak dit gereeld vir haar huismense. Sy hou van kosmaak en doen ook graag naaldwerk en lees graag.


Deur Maryna Erasmus

Bestandele:
• 1kg Sopvleis en ekstra pakkie Murgbene
• 1kg Wortels
• 1kg Aartappels

• 2 Pakkies Sopgroente (net die seldery se blare nie stingels nie)
• 6 Pakkies Beesstert- en-groente soppoeiers
• Sout en peper na smaak

Metode:
(Ek gebruik 'n 11 liter stoompot)
• Rasper / Kap die groente baie fyn in 'n voedselverwerker
• Kook die sopvleis en murgbene tot sag met bietjie sout en peper.
• Gooi die fyn groente by en vul die stoompot tot ongeveer driekwart met kookwater of tot alles heeltemal bedek is, en kook tot sag (roer maar so elke tien of vyftien minute).
• Vir die laaste rukkie - vul die pot weer tot driekwart met kookwater en laat dit deurkook sonder die deksel.
• Maak die soppoeiers met koue water aan tot loperig en gooi by die sop en laat kook tot dik.
• Proe eers aan die sop voordat jy nog sout en peper bygooi.
• Bedien met brood of vetkoek.