20
Mon, May

Thick and/or Creamy Soups
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Orlando Taljaard woon nou in Australië, en mis verseker biltong. Hy het die resep met ons gedeel toe hy nog op Orkney gewoon het en dit was ‘n gunsteling in sy huishouding. Hy bedien dit graag met brood, kaas en nog biltong.

Budget Biltongsop

Bestandele:
• 125ml botter/margarien
• 2 medium uie/baie fyngekap
• 2 blokkies beesvleisaftreksel
• 10ml grofgemaalde gemengde peperkorrels
• 1ml neutmuskaat
• 1ml fyn koljander
• 250ml koekmeelblom
• 500ml melk
• 1,5 liter kookwater
• 250ml gerasperde cheddarkaas
• 200g fyngesnyde biltong (effens klam)

• 50ml room of idealmelk
• 50g bloukaas gekrummel
• broodstokkies of croissants vir opdiening

Metode:
• Smelt botter/margarien in ’n swaarboomkastrol. Sorteer die uie daarin tot sag.
• Krummel aftrekselblokkies by asook al die speserye.
• Voeg meel by en roer aanhoudend tot dit begin prut.
• Meng die melk en kookwater saam, roer stadig by meelmengsel tot dit begin verdik. Roer aanhoudend vir 5 minute.
• Verwyder van die hitte en roer die cheddarkaas en helfte van die bloukaas by en ook die helfte van die biltong.
• Moenie dat die mengsel weer kook nie, hou warm tot en met bediening.
• Roer die room/idealmelk by en verhit effens, skep in diep sopbakke en sprinkel bietjie bloukaas en biltong bo-op vir garnering.