20
Mon, May

Ethnic
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

TambutiKombuis - Dié Sondag is dit Vadersdag. As jy nou jou pa tot in sy skoene in wil bederf, steek ‘n vuurtjie aan en braai vir hom sy gunstelingvleissnit oor die kole. Maar, soos jou ma jou sal vertel, is die vuur en die vleis eintlik maar net ‘n klein deeltjie van ‘n braai – die ware towerkrag lê in die bykosse. Gina Walters, bestuurder by Bargain Books by Platinum Square, Rustenburg maak dié week ‘n paptert wat maklik ‘n bloulint op ‘n kookkompetisie sal verwerf. En, sê Gina, as jou braai sou uitreën, of jou kole is te warm en jy verkool Pa se stukkie vleis, sal dié paptert sy eie skoene kan volstaan as ‘n volwaardige hoofgereg. Só maak Gina haar paptert: 

Bestanddele: 
1 x Ui
Geel,rooi en groen Soetrissies, in stukkies gesny
2 x pakkies Sampioene,  gekerf
500g Spek, gekerf
Paprika
Knippie Sout
1 blikkie tamatiemengsel (enige soort)
2 x blikkies Soetmielies
250g vars Room
Kaas
Gaar pap
Biejie Olie

Metode: 
Verhit olie in pan op stoof.
Braai uie daarin tot deurskyned.
Gooi gooi soetrissies by en roerbraai vir sowat 5 min. Voeg sampioene by en laat deurkook tot water van die sampioene afgekook het.
Voeg dan spek by, en roerbraai tot gaar. Geur met sout en paprika en roer deeglik.
Voeg die soetmielies en tamatiemengsel by.
Laat kook vir sowat 10 min.
Roer die room by en laat dit prut vir nog 10 min.
In n oondbak, gooi n laag pap en maak dit plat met die lepel dat dit gelyk is. Voeg n laag van die mengsel oor. Herhaal met ‘n laag pap en daarna weer ‘n laag mengsel. Eindig met ‘n vrygewige laag kaas. Bak teen 180°  in die oond tot kaas gesmelt en goudbruin is.
Wenk: Vervang die pap met aartapels vir ‘n  wenner van ‘n aartapelgereg