20
Mon, May

Ethnic
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

TAMBUTIKOMBUIS - Rustenburg – Baie van ons het met melkkos grootgeword. Dit was ‘n gereg wat ons ma’s op koue wintersaande voorgesit het – dalk meer gereeld so na die einde van die maand se kant toe omdat melkkos redelik goedkoop is om te maak. 

Vir tradisionele melkkos het jy net melk, koekmeel, ‘n knippie sout en kaneelsuiker nodig – alles goed wat in meeste kruidenierskaste by die huis is. Maar toe wonder ek, hoekom nie van hierdie romerige lekkerte ‘n nagereg maak nie? Met drie ekstra bestanddele, en ‘n paar minute in die oond, word beskeie melkkos ‘n etenstafel-ster.

Bestanddele:

1l volroommelk
1 ½k koekmeelblom
water
Knippie sout
¼k suiker
1tlp karamelgeursel
120g gedroogde bosbessie (cranberry), in water geweek
2 Pink Lady appels, geskil en in blokkies gesny
Suiker om bo-oor te strooi
3 sakkies gegeurde rooibostee (Geur van jou keuse)

Metode:

Stowe appels liggies in gegeurde rooibostee
Kook melk.
Voeg sout by meel.
Voeg klein bietjie water by meel en frummel.
Sodra melk kook, roer frummels by.
Voeg suiker by.
Roer bosbessie en appel by.
Voeg karamelgeursel by en kook tot mengsel verdik.
Skep in ramekins, strooi suikerlagie oor en bak onder die rooster tot suiker borrel.
Haal uit en laat effens afkoel voor bediening.
Jy kan ook ‘n kombuisgasblaasvlammetjie gebruik om jou suikerlagie te karameliseer.