20
Mon, May

Ethnic
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Daar is onlangs aan hierdie korrespondent gesê dat in Suid-Afrika, en veral hier in die Noordwes, eet ons nie pap en vleis nie – ons eet “pap en marog”. Vir sommige van ons wek die woord “marog” (of “Morogo” soos dit eintlik gespel word) herinneringe van jonk wees en die plaaslewe. Steeds is daar van ons wat in die stad woon en nie van hierdie wonderlike dis weet nie. Vir ons is dit maar die ou gewone tamatie-en-uie-sousie. Maar glo my, “Morogo” wat voorberei is soos wat Sala en Rebecca van die Rustenburg Herald dit doen sal jou asem weg slaan. Hierdie eenvoudige (maar ook unieke) resep is ‘n wenner maak nie saak wanneer jy dit maak nie – of dit nou ‘n Sondagmiddagete saam die familie is of selfs ‘n bietjie omkoop kos vir wanneer jy en die meisie se pa “lebola” onderhandel.
Ja, om Suid-Afrikaans te wees. Om die tradisioneel met die modern te meng – dít is wat hierdie land so besonders maak! Na aanleiding van verlede week se pap-resepte maak Sala en Rebecca hierdie week vir ons die eerste van ‘n reeks “seshabo” of disse wat al te lekker saam met pap gaan. Onthou dat dit heel moontlik is om die “Morogo” met spinasie te vervang – maar komaan, wees bietjie eg-Suid-Afrikaans en maak vir jou ‘n lekker “Morogo Seshabo”.

Morogo of spinasie “Seshabo”

Bestanddele:

1 kg mins
3 groot aartappels, in blokkies gesny
1 groot ui, in blokkies gesny
1/2 groensoetrissie
Ongeveer 3 kg Morogo-blare (of 4 groot bosse spinasie-blare)
1 teelepel sout
1 teelepel witpeper 

Metode:

Die Morogo-blare (of spinasie-blare) word eerste in ‘n pot gaargemaak totdat dit sag is. Gooi volgende die ui en aartappels by en kook vir 5 minute terwyl jy die mengsel roer. Roer die sout en witpeper by vir geur. Die mins kom laaste by en word dan binne die blaremengsel gaar gemaak vir ongeveer 10 minute. Sit dan voor saam met ‘n lekker stukkie pap en vleis.