20
Mon, May

Ethnic
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

“Variety is the spice of life” lui die Engelse spreekwoord en is dit nie baie gepas dat dié eenvoudige lewensles kos as metafoor gebruik nie? Ons hier by “Raak die ‘klits’ kwyt” het dit ter harte geneem en Mercia du Plessis en haar mooie dogter Marli dis vir ons hul eie weergawe van die immergewilde paptert op. Paptert is net soos baie ander Suid-Afrikaanse disse ‘n seisoenale ding – aanvanklik ken niemand dit nie en net ‘n maand of wat later is dit die bekendste dis op enige spyskaart.
Mercia en Marli (ja hulle het ook vir boetie Leon ingespan) maak hier vir ons hul eie skepping met die eenvoudig naam: - “lekker paptert” – want dit is presies wat dit is – smaakvol maar onopgesmuk.
Mercia en Marli maak dit so:

Bestanddele:
2 groot gekapte uie
2 pakkies sampioene – gekap
2 groen- of geelrissies – ook gekap
3 gekapte tamaties
500 g spek in blokkies gesny
1 eetlepel olie
Sout en peper

Sous:
500 ml vars room
2 groot pakke kaaskrulle (cheese curls)

Pap:
500g mieliemeel
1 teelepel sout
2 eetlepels botter

Metode:
Stel oond op 180 °C en spuit ‘n groterige oondbak. Kook mieliemeel in soutwater tot gaar. Snipper en braai spek en uie. Meng die gebraaide spek en uie, rissies en sampioene saam.
Skep in oondbak soos volg: Eers pap, dan spekmengsel en dan die roommengsel (kaaskrulle en room gemeng) bo-op.
Laat effens afkoel en dit is gereed om te bedien. Natuurlik kan jy ook vars gerasperde kaas instede van die kaaskrulle gebruik – kinders hou egter meer van die kaaskrulle – dit is lekker “funky”!