20
Mon, May

Ethnic
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Dit is nou week drie van die Rustenburg Herald se “seshabo” reeks en hierdie week het ons gevoel om ‘n paar interessante wenke met julle te deel oor die perfekte “seshabo” maak, of dit nou is om jou huisgaste te beïndruk of selfs ‘n bietjie geur by jou “shisanyama” te sit.Dit is altyd ‘n goeie idee om baie groente te gebruik, veral groente soos uie wat baie geur aan die resep gee. Kies ook kleurvol en ryp groente soos tamatie, wortels, soetrissie en boontjies. Onthou net dat jou groente vinniger as jou vleis gaan kook en dit is altyd ‘n goeie idee om hul later by te voeg om te keer dat hul te sag word. ‘n Pakkie soppoeier, bietjie blatjang of selfs ‘n lekker rooi- of witwyn doen baie om die geure in jou “seshabo” uit te bring. Dit en vars speserye en kruie kan maklik beteken dat jou vriende en familie jou vir die geheime resep teister.  Onthou net om jou tyd te neem – min dinge belemmer ‘n “seshabo” soos taai vleis nie. Laat dit bietjie langer kook op lae hitte en die vleis sal sommer van die been af val. Hierdie week het die Rustenburg Herald se eie Sala Matshane vir die Herald se “Rustenburg Herald raak die klits kwyt” haar kool “seshabo” resep, ‘n vinnige bykos vir amper enige geleentheid, gedeel. Hierdie resep is doodeenvoudig en kan saam met pap, brood of selfs net so geniet word!

Bestanddele

1 klein koolkop, fyn gekap
1 ui, in blokkies gesny
1 wortel, gerasper
1 pakkie rooi-, geel- en groen-soetrissie, in blokkies gesny
250g gemengde groente
2 teelepels Raja medium kerriepoeier
2 teelepels swartpeper
2 teelepels sout
1/2 koppie olie 

Metode

Roerbraai die uie en soetrissie vir 10 minute. Voeg die kool, wortel en speserye by en kook verder totdat die kool sag is. Daarna word die gemengde groente saam gevoeg en vir slegs 5 minute gekook voordat die mengsel van die hitte verwyder word en voorgesit word. Hierdie resep kan as bykos vir 10 mense gebruik word.