20
Mon, May

Festive Meals
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Tambuti Kombuis – Rustenburg – Wanneer weet jy dat jy nou ‘n deftige bord kos voor jou het? Wanneer die garnering uit meer as ‘n tamatietjie en ‘n verwese stukkie blaarslaai bestaan. Maar jy kan élke gereg laat lyk asof dit onder die hande van ‘n vooraanstaande sjef deurgeloop het! Jy sal ook baie verbaas wees om te ontdek dat dit baie makliker is as wat jy verwag het. 
Sjef Johann Ludick van Under the Cherry Blossom in Safarituine wys vir ons dié week stap-vir-stap hoe om Koraalkant (Coral Tuile) te maak.

Jy benodig:

90ml Water
10g Koekmeel
2g Sout
‘n Druppel koekkleursel (enige kleur. Ons gebruik rooi)
Olyfolie om te braai

Metode:

Meng die meel, water, sout en koekkleursel.
Verwarm die olyfolie in ‘n pan.
Skep sowat 80ml van die mengsel in die warm olie.
Laat kook tot die mengsel gaatjies vorm en dit soos kant begin lyk.
Sodra dit maklik is om uit die pan te haal, verwyder en laat afkoel.