20
Mon, May

Pasta
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

‘n Fout. ‘n Groot fout; dis wat dit is om ‘n sjef te vra om ‘n gereg voor te berei met bestanddele wat almal in hul koskaste het. Want wat ‘n sjef in sy kombuis se rakke het, en wat die gewone sterfling in sy kaste het is twee baie verskillende goed. Maar dié week het sjef Pieter Germishuys sekerlik ‘n wonder verrig! Die gereg wat hy saam met sy Afloskombuis-trawante – Tiaan Visser en Marnus van Dyk - geskep het, kom baie naby aan maklik genoeg dat meeste mense dit sal kan maak.Dié heerlike gereg het Pieter, Tiaan en Marnus met ‘n picante voorgereg, bestaande uit papierdun salami, radys, wortel en geroosterde mango, asook ‘n kraakvars mengelslaai bedien. Hier is die resep vir dié kêrels wat kan kook se Tagliatelle met ‘n romerige knoffel, sampioen, Peppadew en aspersiesous, afgerond met bros uie en parmesaankaas.

Bestanddele:

250g Tagliatelle pasta
2 x Uie, fyngekap
3 x Knoffelhuisies, fyngekap
200g Botter of Margarien
200g Koekmeel
500 - 750 ml Melk
200g Sampioene, grofgekap of in ringe gesny
10 x Peppadews, grofgekap
10 x skyfies Salami, in repe gesny
200ml vars Room
150g vars Aspersies, vinnig opgekook in kookwater met sout tot Al denté
Parmesaankaas
Growwe Sout en Growwe Peper vir smaak
Vars Kruie en Uie Sprinkel bo-op

Metode:

  1. Verhit jou botter op lae na medium hitte in ‘n groot pan of pot. Voeg die uie, knoffel en sampioene by. Braai tot effens sag. Sprinkel dan die meel oor en meng goed deur. Begin die melk bietjie vir bietjie byvoeg. Soos die meel die melk gaan absorbeer, so sal die sous dikker word. Hou net die plaat op medium hitte..die sous moet nie kook nie.
    2. Intussen kan jy solank ‘n pot met water en sout tot kookpunt bring en dan jou aspersies vinnig daarin blansjeer of kook tot Al denté (sag, maar nogsteeds ferm) . Verwyder die aspersies...jy kan sommer die water hou en in dieselfde water jou tagliatelle paste opkook, ook tot sag, maar ferm..Dit neem ongeveer so 15 min. As jou pasta sag is, gebruik ‘n vergiettes (“strainer”) en dreineer. Hou eenkant.
    3. As jou sous begin dik word, voeg dan die peppadews en salami by en meng goed. Voeg nou die aspersies en room by en geur met sout en peper.
    4. Rasper ‘n klein bietjie parmesaankaas in die sous in.
    5. Voeg die pasta by die sous. Meng deur met ‘n tang of 2 lepels.
    6. Plaas op bord, sprinkel “Crispy” uie bo-oor, Parmesaan splinters of linte bo-op en garneer met vars Basiliekruid of mikro-blare.
    Genoeg vir vier mense.