21
Sat, Dec

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Komaan - ons lewe in die 21ste eeu - is dit werklik so eenvoudig om te sê gewilde happies soos hamburgers, hot dogs, ‘n worsrolletjie of die eindelose variasies hiervan is gemorskos?
Miskien was dit nog die geval in die sewentigerjare toe niemand einlik omgegee het wat hulle doen nie.

Vandag is dit ‘n ander storie. Wihan Fourie van Rustenburg Herald en vroulief Wilmé van Van Straten Ouditeure is ‘n paartjie wat nie net “somme” in gemeen het nie - die Fouries is ook bekend vir hul Rusten-BURGERS wat hulle voorberei met die heerlikste papatas (‘n tipe plat suurdeegbrood) wat hier in Rustenburg deur ‘n bekende kafee (Bonanza Supermarket - Joe: 014 596 5323 / 082 647 498) op bestelling gebak word en natuurlik hul eie spesiaal gemaakte geurige “patties”.

Wihan en Wilmé het ons genooi om op ‘n Vrydagmiddag te kom aansit en na die pragtige sonsondergang vanaf hul veranda te kyk terwyl dié twee in die kombuis woeker.
Die geheim lê uiteraard in die vulsel en die spesiale “pattie” - so maak mens!

Hier is die resep vir ons unieke
Rusten-BURGER

Bestandele:
(genoeg vir 4)

Vleis-“pattie”:

1kg Maalvleis
1k Oats
2 Eiers geklits
1 pakkie Bruin uiesop
Sout & Peper na smaak

Meng alles liggies maar deeglik deur.
Vorm die “patties” lekker groot met die hand - die gemiddelde papata-broodjie is ‘n rapsie groter as die gewone hamburgerbroodjie.
Laat rus vir ‘n halfuur of langer in die yskas en braai dan op ‘n rooster oor die kole of in ‘n pan – pasop vir té gaar!

Sampioensous:1 pakkie gesnyde sampioene gebraai in botter en gegeur met aromat -
voeg 1 eetlepel koekmeelblom daarby en roer goed deur. Voeg dan 500 ml room by terwyl jy steeds roer en volg met ‘n sopie Old Brown Sherry.
Laat prut en hou warm tot nodig.

Pak jou Rusten-BURGER so:
Begin met die blaarslaai op die oopgesnyde helfte van ‘n papata gevolg met ‘n paar skyfies tamatie, pynappelringe, jou “pattie”, gekaramaliseerde rooi uie, sampioensous en gerasperde kaas bo-oor en jy’s gereed om uiteindelik heerlik te smul!

Sit jou handjies saam en sê “koebaai”.