20
Mon, May

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

In hierdie week se uitgawe van “Raak die ‘klits’ kwyt” het “ons” ‘n heel besondere en oorspronklike lekkerny op die spyskaart. Onthou julle die twee oulike dames van Refinement Clinic wat onlangs in die Herald was met hulle Mandeladag-projek toe hulle met gesofistikeerde apparaat vir vroeë tekens van kanker op die uitkyk was? Wel, vandeesweek is Annabel Snyman en Kushcé Niemand terug op hul pos – maar hierdie keer met die resepteboek, voorskote en bakpoeier. Al gehoor van ‘n “Wammy” – ‘n hamburger (“hammy”) met ‘n wafel-“bun” instede van die konvensionele broodjie. Dit is absoluut heerlik maar ook pure gesondheid, so lig die glasies – ons maak dit so!

Kuschcé en Annabel se “Wammy” (wafel-hamburger)                                                        

Vir die wafel-“buns” gebruik ons doodgewone wafel wat jy in hamburger-grootte “broodjie” sny as jou wafelpannetjie dit nie “klein” genoeg kan bak nie. As jy hou van eenvoud en maklik kan jy sommer jou wafelbroodjies koop – anders bak jy dit so:

Gewone wafelresep en metode:

2 eiers
125 ml suiker
100 ml olie/gesmelte botter
500 ml koekmeelblom
30 ml bakpoeier
50 ml verromer
1 ml sout
5 ml vanielje
300 ml water
Voeg by sowat 125 g grofgerasperde Cheddar-kaas (opsioneel). 

Wammy "patty"

500 g maalvleis
2 tlp BBQ speserye
2 tlp ”Steak & Chop-speserye
2 tlp Chakalaka-speserye (opsioneel)
Sout en peper na smaak
2 tlp gemengde kruie
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels Worcestershire-sous
1 eier 

Metode:

Meng bestanddele goed deur. Rol ‘n bolletjie maalvleis sommer so in die hand, druk mooi plat om ‘n “patty” te vorm. Braai in voorverhitte pan.

Garnering:

As basis vir jou “wammy” gebruik jy gesnyde/gebakte wafel en jou maalvleis-“patty”. Vir die res van die garnering gebruik jy blaarslaai, tamatie, gebraaide uie, Cheddar-kaas (dun snytjies) en Guacamole (fyngemaakte avokado en suurlemoenpeper na smaak). Dan ook gebraaide rugspek, kaassous/sampioensous/BBQ-sous. Kushcé-hulle het sommer ‘n paar stukkies “chips”/Doritos/”crisps” gebruik die prentjie mee af te rond – om van die ekstra-smakie nie te praat nie. Baie gesond, baie lekker en heerlik vullend!