20
Mon, May

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Na ‘n yskoue twee weke is die meeste Rustenburgers sekerlik soos ons hier baie bly dat die son sy draai gekry het en dat ons darem weer ‘n paar lekker “warm” sonnige dae het sonder dat ‘n yskoue wind deur die bome (en die bene) sny… Maar ja, die aande is dalk nog ‘n bietjie koel om buite vuur te maak, so vir nog ‘n paar weke is dit waarskynlik nie die regte tyd om jou vriende vir ‘n braai te nooi nie.

Maar vir diegene wat lus het vir ‘n lekker stukkie vleis en iets wat verkieslik soos eenvoudig is soos braaivleis, is hier ‘n lekker “winterresep”. Michelle Herridge van Leons Rustenburg en haar sussie (Nadia Breedt) is voormalige Klerksdorpers en benewens hul slag in die kombuis – ook ‘n lus vir die oog. Ons het verlede week by hulle vir ‘n lekker bief-goulash met ‘n dik roomsousie aangesit en glo dit as jy wil, daarna te heerlik gesmul aan die kolwyntjies (cup cakes) wat vir nagereg voorgesit is.

Die goulash maak jy so:

500g bief-goulash (stukkies vleis in fynerige blokkies of repies gesny); 
250ml room;
1 groenrissie;
1 ui;
4 eetlepels egte “Old Brown Sherry”;
2 eetlepels Maizena;
Sout en peper na smaak;

Metode
Braai die ui en groenrissie saam. Voeg vleis by en braai tot mooi bruin. Stoom met ‘n bietjie water tot die vleisies lekker sag is. Ontwater die vleis. Meng room en Maizena goed en voeg by die vleis en uiemengsel. Voeg sherrie by en prut tot die sous lekker dik is. Bedien saam met rys en slaai en ‘n lekker warm tuisgemaakte broodjie as jy wil.
Die lekker van hierdie heerlike ete is dat jy dit sommer so kuier-kuier in die kombuis kan voorbe
rei terwyl jy en jou maats die oorblywende sherrie geniet – dit sal ongetwyfeld die winter op sy plek sit!