21
Sat, Dec

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Twanay van Wyk woon en werk in Klerksdorp. Sy het al die Mej Klerksdorp-kroon gedra en het ‘n omgee hart vir haar gemeenskap. Hierdie potroast is ‘n gunsteling vir Sondagmiddagete of enige spesiale viering wanneer jy jou gaste wil beindruk.

deur Twanay van Wyk

Bestanddele:
• Beesboud 1.8kg
• Uie
• Wortels
• Knoffel
• Olie
• Old brown Sherry
• Suurroom
• Aartappels
• Rys
• Ertjies
• Suiker
• Maizena

Metode:
• Stop beesboud met knoffelhuisies.
• Vryf sout en peper in boud.
• Braai boud alle kante om te seël verkieslik in `n ysterpot, maar ander pot sal ook werk.
• Braai uie blokkies en voeg 1 wortel gesny in stukkies by.
• Vul kwart van pot met old Brown Sherry, en kook boud stadig vir omtrent 2 ure.
• Voeg suurroom by en kook stadig vir 15min.
• Voeg halwe aartappels by en kook stadig tot aartappels sag is.
• Haal aartappels en vleis apart uit.
• Sny vleis op.
• Verdik sous wat oorgebly het in pot met maizena.

Bykos - Enige bykosse en slaai kan met hierdie gereg bedien word. Ek verkies rys, soet ertjies en wortels.
Opsioneel : Gemengde of gerasperde beetslaai.