21
Sat, Dec

Beef
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Marlize Heppell is ‘n kliniese sielkundige in Klerksdorp en hou haar self besig met allerhande stokperdjies om nie verveeld te raak nie. Bobotie is ‘n gunstelingdis op haar Kerstafel en laat haar dink aan warmte, liefde en familie.

Deur Marlize Heppell

Bestanddele
• 1 dik sny witbrood
• 250ml melk
• 1 grooi ui, fyn gekap
• 25ml kookolie
• 37,5ml suurlemoensap
• 10ml kerriepoeier
• 5ml suiker
• 5ml sout
• Knypie peper
• 500g maalvleis
• 2 eiers
• 12,5ml blatjang
• 3 vars suurlemoenblare
Metode
• Week die brood in melk.
• Braai die ui in 'n groot braaipan in olie tot ligbruin.
• Meng suurlemoensap, kerrie, suiker, sout en peper en roer by ui.
• Druk die meeste van die melk uit die brood. Hou die melk.
• Maak die brood fyn en voeg dit by uiemengsel.
• Voeg vleis, eier en melk (behalwe 100ml) by. Meng goed.
• Voeg die blatjang by en laat mengsel 'n rukkie kook, roer gereeld.
• Verhit die oond tot 180°C.
• Gooi vleismengsel in gesmeerde oondbak. Plaas vir 'n paar minute in die oond.
• Klits oorblywende eier en 100ml melk saam. Gooi oor bobotie.
• Steek suurlemoenblare in vleis (opsioneel).
• Bak vir halfuur in oond.
• Bedien met geelrys en geniet.