20
Mon, May

Johan Hayes, hoofchef en restaurant bestuurder by Silver Spoon Bistro by Tshahitsi Lodge op Upington, moet gereeld vinnige geregte kan maak as gaste by die lodge opdaag en die honger knaag. Een van die geregte wat vinnig voorberei kan word, is sy pangebraaide beeslewer. Johan sê hy sorg dat hy altyd vars lewer aankoop vir oggende-etes of ‘n ligte middag- of aand-ete. 
Silver Spoon Bistro is veral bekend vir hul gourmet ontbyte. ‘n Groot verskeidenheid  geregte word elke oggend bedien en kliënte kan dan kies wat hul vir ontbyt  wil eet. Johan stel hierdie lewer-gereg voor vir ‘n ligte middag-ete:

Só maak jy...

Read more …PANGEBRAAIDE BEESLEWER MET GESMOORDE UIE

Ons mag nou wel nog nie saam kuier nie, maar kuierkos is nèt die ding om mens solank in die regte luim te kry vir wanneer vriende weer oor jou drumpel kan kom. Die twee vriende wat diè week vir die Tambotiekombuis kook, is Joe Hurter en Jan Haroldt van die Midnight Groep. Diè twee manne hou daarvan om hul gaste met lekker, onopgesmukte kos te trakteer.
Diè week maak hulle ‘n kaasburger, asook ‘n regte kuierstaatmaker, ‘n mengelmandjie. En dan ook, sommer net vir die lekker, gekruide Hoender-‘strips’.

Bestanddele:

200g bief ‘patty’, gemaak met vars maalvleis en “geheime” speserymengsel
1 Ui, ringe gesny

Read more …PEUSEL-PEUSEL KUIERKOS
Page 4 of 4