21
Sat, Dec

Lamb
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE - Die Noord-Kaap is vleiswêreld - skaapvleiswêreld. Hier eet hulle die hele skaap, pens en pootjies... En ja, veral graag die stertjies. Skaapstertjies is ’n tradisionele lekkerny wat as delikatesse nuwe gewildheid geniet, amper soos die hedendaagse gewilde skaaptjoppie. Alhoewel stertjies as afval geklassifiseer word, stem baie mense saam dat stertjies in ’n klas van hul eie is. Stertjies bevat heelwat vet en been, maar met die regte voorbereiding is die happies geurige vleis tussenin smullekker. Werner Strauss, streekskoördineerder van Afriforum in die Kalahari, het onlangs kennis gemaak met hierdie eg tradisonele Suid-Afrikaanse gereg. Hy het sy eie weergawe van ‘n gewilde skaapstertjie resep met ons gedeel.

Sagte stertjies - wat jy nodig het:

1 kg skaapstertjies
Aromat
2 skote asyn
‘n handvol koljander
5-7 naeltjies
2-3 lourierblare/lemmetjie blare
Genoeg water om die skaapstertjies in ‘n pot te bedek
Voeg al die bestanddele in ‘n stoompot of multi-pot en kook dit vir 20 minute onder druk.


Marinade:

1/4 koppie tamatiesous
1/4 koppie Worcestersous
1/4 koppie soetrissiesous
1/4 koppie sojasous
2 eetl bruinsuiker
1 gekapte rissie of 1/2 teelepel gerookte paprika
‘n Paar druppels vissous - opsioneel

Laat lê jou saggekookte skaapstertjies in marinade vir so 30 minute voor jy dit oor matige kole braai om dit taai te maak. Onthou om die stertjies gereeld en goed te bedruip terwyl jy dit braai. Sodra jou skaapstertjies ‘n lekker taai tekstuur kry, haal dit van die kole af en sit dit voor as voorgereg of selfs as hoofgereg. Strooi sesamsaad oor en versier met koljander of plaas ‘n roosmaryntakkie op die bord om dit ekstra mooi te laat lyk.

Volg die skakel http://bit.ly/wernerskaapstertjies en braai saam met  Werner en Agri-Pulse.