20
Mon, May

pork
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Anne Botha is ‘n professionele rekenmeester wat sê sy leef om te eet. Sy lees kookboeke, reis agter eetplekke aan en doen kookkursusse regoor die wêreld. Sy is versot op klassieke musiek en Pavarotti is volgens haar die grootste tenoor van alle tye. Sy is ‘n Rotariër in hart en siel. Vir haar is kosmaak ‘n stokperdjie, want kos is soos die mode - altyd anders, altyd nuwe uitdagings. Hierdie is ‘n dis wat in die outyd vir die gesin gemaak is as daar niks anders meer oor was nie en vandag word dit in ‘”fancy”restaurante opgedis.

VARKLIES MET BOTTERSKORSIE FONDANT EN PRUIM SOUS

Deur Stefan Botha

Bestanddele (4 porsies)
• 1 kg varklies (pork belly)
• 1 botterskorsie
• 2 preie
• 6 pruime
• Mirepoix (2 uie, 2 wortels en
2 knoffelhuisies)
• 2 koppies hoenderaftreksel

Metode
• Begin om die Mirepoix te maak deur die uie, wortel en knoffel fyn te kap.
• Plaas die Mirepoix en lies in 'n oondpan met genoeg water om die vleis half te bedek. Strooi liggies met sout en peper.
• Bak teen 160 °C vir twee ure. Kyk of die vleis sag is. Indien nie laat die bak vir nog 30 minute in die oond tot sag. Die vel moet afgetrek kan word terwyl dit nog warm is.
• Sny die botterskorsie in reghoekige vorms en kook in hoenderaftreksel tot amper sag, haal uit die water en braai in botter oor lae hitte tot gaar.
• Maak prei puree deur die preie op te kap en in botter te braai tot sag en gebruik dan 'n elektriese handmenger of voedselverwerker om te verpulp.
• Sout en peper na smaak.
• Maak die pruimsous deur twee pruime te ontpit en op te sny.
• Plaas in 'n kastrol met 50ml water en kook tot sag en verpulp met handmenger of voedselverwerker. Druk deur 'n sif vir 'n gladde sous.
• Braai die oorblywende pruime wat middeldeur gesny is aan die binnekante wat vir opdiening gebruik sal word.
• Bedien met geel soetrissie puree, prei puree en botterskorsie skyfies.