20
Mon, May

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Dis mos nou al ‘n uitgemaakte saak: ure se sloof voor die stoof om vir jou gesin ‘n feesmaal vir kersfees voor te berei is bloot onnodig. Jy kan heerlike geregte bedien sonder dat jy kombuisvoos hoef te raak. Met net bietjie meer as ‘n week voor Kersfees oor, help Sjef Pieter Germishuys met ‘n plan vir ‘n treffergereg. Sjef Pieter, van Inspirare Cooking Academy is al byna sinoniem met kos waaroor jy sal wil huis toe skryf. Hy is nie net ‘n meester in die kombuis nie, sy studente pluk die vrugte van sy kundigheid met kwalifikasies wat deure vir hul oral in die wêreld kan open. Pieter is natuurlik ook ‘n man wat van onthaal hou. As jy dus ‘n funksie of byeenkoms beplan, vra vir Pieter – jou geleentheid sal ongetwyfeld ‘n ‘happening’ wees. By die rustige en netjiese Jabulani, skaars ses kilometer uit die dorp op die Dinie Estate-pad, word geen moeite gespaar om klante se wense te bewaarheid nie. Gesels met Pieter vir meer inligting. Om jou hoenderstapel – vir vyf porsies – te maak, benodig jy die volgende.

Bestanddele:
10 x Hoenderborsies, platgekap
2 x Uie, geskil en in dun halwe ringe gesny
Sampioene van jou keuse, in dun ringe gesny
10 x repies Spek
1 x koppie Spinasie wat vinnig in water opgekook is
10 x Peppadews, in dun ringe gesny
Growwe Peper & Sout
Mozzarellakaas
Sosatiestokkies
Vars Mikrokruie om te garneer
Balsamiese Reduksie

Metode:
Voorverhit die oond tot 170°C.
Kap die hoenderborsies plat en panbraai in ‘n pan met bietjie olie tot gaar. Geur met sout en growwe peper.
(Hou dit eenkant)
Braai die spek sommer saam met die hoender.
In dieselfde pan, braai die uie tot sag, voeg die sampioene by en braai tot sag. Voeg die gaar spinasie en peppadews by. Geur met sout en growwe peper.
Kry ‘n bakplaat...
Plaas ‘n gaar hoenderborsie op die plaat.
Plaas die spek bo-op, gevolg deur die spinasie, uie, sampioen en peppadewmengsel. Plaas ‘n skyfie gesnyde mozzarellakaas bo-op.
Herhaal weer met ‘n tweede borsie en vulsel met ‘n skyfie kaas bo-op.
Jy kan ‘n sosatiestokkie kleiner sny en van bo-af deur die hoender stapel druk as jy alles bymekaar wil hou en bang is dat dit moontlik sal afgly.
Plaas in oond so 10 minute voor jy wil bedien vir die kaas om te smelt.
Bedien op ‘n bord met mikrokruie en Balsamiese Reduksie.
Belangrik: jy kan kreatief raak en jou eie unieke vulsel tussen die lae sit.
Dink aan:
Songedroogde Tamaties, Ham en Basiliekruid Pesto. of wat van Salami, Fetakaas en Sampioene!