21
Sat, Dec

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Elders in hierdie uitgawe (ja sommer ingesluit by die gewone prys) sal ons lesers ‘n interessante bylaag in die vorm van ‘n spesiale ode aan vroue in die besigheidsmilieu onder oë kry. Ja, as ‘n mens hierdeur blaai kan jy sekerlik nie anders nie as om weer eens tot die besef te kom dat ons mans sonder ons vroue maar taamlik ver en diep verlore sou wees.

Mans wat nog nie daarvan oortuig is dat vroue ‘n “grootse skepping” is nie, moet dalk vir oomblik daaraan dink dat jy jou “onstaan en loshande die grootste gedeelte van jou opvoeding en karakter aan jou moeder te danke het? Dit behoort vir baie van ons stof tot nadenke te wees - iemand het by geleentheid gesê - “liewers geen pa as ‘n slegte pa - en liewers ‘n slegte ma as geen ma….

Nouja, in hierdie uitgawe van Raak die Klits Kwyt wil ons weer ‘n standbeeld oprig vir die vroue in ons lewens wat ons kinders groot maak en opevoed - selfs al is dit “anders vrouens” wat ons kinders versorg. Nee man, nee “daardie ander vrou” nie, ons bedoel jou kleuterskool- laerskool-onderwyseres.

Vir ‘n heerlike Piesang- en Kerriehoendergereg wat uitstekend is om in die winter ‘n klomp dosyn kleuters se magies vol kragkos te maak, het ons by Charlene Schoeman en Twanett Oberholzer van Klein Hoewe Kleuterskool gaan kers opsteek. Hier word sommer ‘n hele skottel vol “babakos” gemaak want daar is baie “bekkies” wat gevoed moet word. Charlene en Twanett maak hulle kerriegereg so (en ruik dit nie lekker nie?)

Bestandele:
2 gekapte uie; 
50 ml kookolie;
62.5 ml meelblom;
1 liter hoender-ekstrak;
Sout en peper na smaak;
250 ml pitlose rosyne;
1 kg hoender – gaar en ontbeen met geurmiddels gaargemaak;
5 piesangs in skyfies gesny;
2 gerasperde appels;
25ml suurlemoensap;
5 ml suiker;
8 ml kerriepoeier;
Varsgemaalde swartpeper na smaak;
250 ml room.

Metode:
Braai die uie in olie tot ligbruin. Voeg die meelblom by en meng baie goed.
Voeg hoender-ekstrak geleidelik by terwyl deurentyd geroer word. Voeg die res van die bestanddele (behalwe die room) by. Bedenk die kastrol met die deksel en prut vir 20 minute. Meng room in net voor opdiening. Bedien op rys en versier met pynappelringe indien so verkies. Hierdie resep behoort heeltemal voldoende vir 10 persone te wees.

Rys:
Vir diegene wat nie heeltemal seker is oor hoe om die rys te maak nie, die volgende eenvouodige metode:
Plaas 2 kopies rys in ‘n kastrol. Bedek met water. Plaas op stoof en laat vinnig kook. Verwyder rys van stoof en gooi water af. Gooi nou 800 ml water op rys en voeg sout by. Laat kook tot water nie meer sigbaar is nie, maar nog nie heeltemal droog is nie. Plaas nou deksel op kastrol en laat prut stadig tot rys mooi uitgeswel en nie meer waterig is nie. Onthou om die temperatuur vir die laaste 20 minute betreklik laag te hou sodat jou rys nie aanbrand nie.