20
Mon, May

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Dit is nou al baie jare dat Suid-Afrikaners gewoond geraak het aan gunstelinghappies soos eg Italiaanse pizza wat in ‘n stadium so gesog was dat dit as “eksoties” beskryf kon word. Nog ‘n Italiaanse happie (ook ‘n tipe broodjie-gereg) wat deesdae so gewild is dat dit by feitlik elke restaurant of kookhoekie aangebied word, is Italiaanse Tramazini.

Daar is min twyfel dat Rustenburgers ‘n oorspronklike Tramazini-resep sal waardeer sodat jy jou braaivriende byvoorbeeld op ietsie heel “oorspronkliks” kan trakteer. Ons het by Orange Grove Restaurant (ja, in die Orange Grove-sentrum natuurlik) gaan aansit waar Sonné Groenewald, Madeleine Scholtz, Ane Hollamby en Jacques Drescher vir ons ‘n heerlike “Smokey cheese & chicken tramazini met valse heuning en mostertslaai voorgesit het.

Ons kan ons mede-Rustenburgers nie sterk genoeg aanraai om hierdie lekker enige-dag-gereg tuis te probeer nie. Maar eers moet jy die gesin na Orange Grove Restaurant skaars ‘n hantetreetjie buite Rustenburg neem vir ‘n heerlike bederf.
Orange Grove Restaurant maak hulle Tramazini so:

Bestanddele:
‘n halwe ui – fyngekap;
100g spek;
100g hoenderfillette (gekook);
50ml olyfolie;
100ml room of witsous;
50g + 50g kaas;
1 x tramazini (by enige kruidenier of afdelingswinkel);

Valse heuning en mostertslaai
blaarslaai;
tamatie;
uie;
groen of geelrissie;
komkommer;
50ml Valse heuning met mostertsous;

Valse heuning en mostertsous;
2 eetlepels Mayonnaise;
1 eetlepel Amerikaanse mostert;
1 teelepel kondensmelk.

Metode (Tramazini):
Braai die uie en spek tot goed gaar. Voeg room, kaas (50g) en gaar hoenderfillet by. Kook op ‘n lae hitte tot lekker dik. Neem ‘n bietjie olyfolie en smeer Tramazini aan albei kante. Pak die tweede 50g kaasporsie aan die binnekant en skep die hoender en spekmengsel by. Rooster Tramazini tot mooi ligbruin en lekker warm.

Slaai:
Soos ‘n gewone tafelslaai, meng alle bestanddele en kikker die hele slaai op met die valse heuning mosterdsous. Dit is ideale lentekos op die voorstoep!