20
Mon, May

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Ons het in die verlede al telkemale met student- en meestersjefs van Rustenburg se eie Professional Cooking Academy in die kombuis gekuier en om die tafel gesit. Vandeesweek maak ons weer so en stel graag vir Annlerie Oosthuizen en Johan Roodt aan ons lesers voor. Die twee is beide jong, maar bedrewe studentesjefs by die akademie en demonstreer in hierdie aflewering vir ons hoe om ‘n spogete met hoender voor te sit. 

Jou bestanddele is soos volg:

2 hoenderdye

40 ml sojasous
5 ml knoffel, gerasper
7.5 ml vars gemmer, gerasper
15 ml ryswynasyn
15 ml heuning
15 ml bruin suiker
5 ml donker sojasous (opsioneel)
½ tlp geroosterde sesamolie
sout en pepper na smaak
brandrissievlokkies, (opsioneel)

Garnering:

sprietuie, dun gesny
sesamsade

Metode:

Voorverhit oond tot 180°C. Droog die vel van elke hoenderdy af met papierhandoek. Geur die hoenderdye met sout en peper. Gooi een eetlepel olie (olyf, Canola of sonneblom) in n oondvaste braaipan of mediumgrootte pot.

Rangskik die hoender in die pan/pot sodat daar net ‘n klein spasie tussen die stukke is, maar die pan nie oorvol is nie. Geur die velkant met sout en peper en hou eenkant.

Gooi die sojasous, knoffel, gemmer, ryswynasyn, heuning, bruinsuiker, donker sojasous en geroosterde sesamolie in ‘n groot maatbeker. Klits totdat die suiker opgelos is en laat eenkant.

Plaas die hoender in die oond en rooster vir 20 min. Haal dit uit en giet die sojasmoor oor die hoender totdat dit aan die kante van die hoender opgaan, maar nie te veel nie - want hierdie mengsel kook in die oond en mag dalk oorkook. Maak die pan/pot bo toe met foelie en sit dan ‘n deksel bo-op.
Sit weer terug in die oond vir ‘n verdere 30 – 35 minute of tot die interne temperatuur van die hoender 175°C bereik.
Die sous moet effens taai en verdik wees, maar maklik gietbaar. Bedien oor sagte rys en garneer met sprietui en sesamsaad.