21
Sat, Dec

Bread / Dough
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Ansie van der Westhuizen van Klerksdorp bak graag hierdie Marmite Tert vir ‘n teetafel of selfs as ‘n ligte ete saam met ‘n slaai. Dit is maklik om te maak en binne ‘n japtrap kan jy jou gaste bedien. Lekker soutsmaak met die marmite.

MARMITE TERT

Deur Ansie van der Westhuizen

Bestanddele:
• 1 k meelblom
• 1 ½ t bakpoeier
• ½ t sout
• ¼ t droë mostert
• Knippie rooipeper
• ¼ lb botter
• 1 k gerasperde kaas
• 1 k melk
• 1 eier
• 1 t marmite
Metode:
• Sif droë bestanddele saam en vryf botter in.
• Voeg kaas by.
• Klits eier en melk saam, roer by mengsel.
• Bak vir 35 min teen 180 °C.
• Smelt 2 groot eetl botter en 1 t marmite en gooi oor warm tert.
• Strooi fyn biltong bo-oor.