21
Sat, Dec

Bread / Dough
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

As jy ‘n oor-ryp piesang of twee het, dan bak jy piesangbrood. Gerda Duffy van Klerksdorp hou daarvan om haar gesin oor naweke met lekkernye te bederf. Hierdie piesangbrood is lekker soet en heerlik vir ‘n laatmiddag bederf.

Deur Gerda Duffy

Maklike Piesangbrood

Jy het nodig:
• 125 ml margarine

• 300 ml suiker
• 2 eiers
• 2 kop meel
• 10 ml bakpoeier
• Knippie sout
• 5 piesangs, fyngemaak
• 2,5 ml vanilla essens

So maak jy:
• Klits margarine en suiker saam tot lig en romerig.
• Klits eiers een vir een by.
• Sif al die droë bestanddele saam en voeg saam by room-mengsel.
• Meng die piesangs en vanilla saam en voeg by mengsel.
• Bak ongeveer 1 uur by 180°C.