20
Fri, Sep

Bread / Dough
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Dorothy Laguerenne Wannenburgh van Hartbeesfontein is bekend vir haar asemrowende kunswerke. Sy is egter net so ‘n voorslag in die kombuis en haar kook met kuns sessies in haar gastehuis is baie gewild. Sy is ‘n passievolle broodbakker en deel haar resep vir boerbrood.

Deur Dorothy Laguerenne Wannenburgh Mathew

Bestanddele:
• 1 kg koekmeel
• 1 pakkie droë gis
• 30 ml olie
• 30 ml asyn
• 20 ml sout
• 10 ml suiker
• 600 ml lou water
Metode:
• Meng al die droë bestanddele saam.
• Meng die water met die olie en asyn.
• Meng nou die watermengsel en die meel.
• Laat rys vir 2-3 ure.
• Verdeel in broodpanne.
• Laat rys vir nog n half uur.
• Bak teen 180°C vir 'n uur.