30
Mon, Dec

Bread / Dough
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

“Alle sorge is ligter wanneer jy brood het.” Só het die beroemde Spaanse skrywer Miguel de Cervantes Saavedra sowat vyf honderd jaar gelede geskryf. En dit blyk dat baie mense wat hulself nou noodgedwonge huisgebonde bevind, dié waarheid van De Cervantes ontdek. Rustenburger, Marguerite Coetzer, en haar man, Danie bevind hul deesdae in die Suid-Kaap en terwyl hulle daar ingeperk is, het Danie sy hand gewaag aan die skepping van ‘n verruklike Ciabatta-en-olyfbrood. Die poging was ‘n klinklare sukses.

Jy benodig:

! 950ml Bruismeel
! 375ml Water

! 10ml Olyfolie
! 5ml Sout
! ½ koppie Olywe (pitte verwyder)
! 5ml Roosmaryn

 

Metode:

- Voorverhit oond tot 190°
- Sif en meng meel, sout en water.
- Voeg res van die bestanddele by en meng
goed. Laat staan vir 20 minute en meng dan
weer. Laat staan vir twee ure. Rol dan deeg
uit – en maak stokkies van ongeveer 2cm
dikte. Plaas in gesmeerde pan en bak tot
ligbruin in voorafverhitte oond. Draai gereeld
om sodat broodstokkies eweredig verbruin.