20
Fri, Sep

Bread / Dough
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Omdat Paasfees om die draai is het ons dit goed gedink om die maand Paasbolletjies te maak met rosyne uit die Benede Oranjerivier streek. Hierdie Suid-Afrikaanse tafeldruifproduksiestreek, Benede Oranje,  is geleë ongeveer by 28° Suid en strek 450 km langs die Oranjerivier, van Groblershoop in die ooste tot by Klein Pella in die verre weste.
Hierdie streek is, behalwe vir veeboedery, ook bekend vir sy uitvoer tafeldruiwe, uitvoer rosyne, wyndruiwe, pekanneute, katoen en ander gewasse wat langs die vrugbare oewer van die Oranjerivier geplant word.

Só maak jy...

Bestanddele:
• 500 g koekmeel
• 10 g kitsgids (pakkie)
• 5 g sout
• 15 ml gemengde speserye
• 15 ml fyn kaneel
• 250 ml warm melk
• 100 ml (90 g) gesmelte botter

• 1 eier
• 80 ml (60 g) suiker
• 250 ml (140 g) rosyne
* Jy kan bruin of wit pitlose rosyne gebruik of gemeng

Kruise
• 60 ml meel
• 15 ml olie
• 30 ml water
• 10 g suiker (opsioneel)


Glasuursel
• Kook 100 ml water & 50 ml suiker saam

Metode
• Verhit jou oond tot 180 grade
• Meng melk, botter, eier, suiker en gis in jou mengbak.
• Voeg speserye, sout en meel by tot ‘n stywe, kniebare deeg.
• Knie vir so 6 minute tot deeg ‘n gladde voorkoms het.
• Laat deeg op ‘n warm plek rys tot dubbel die grootte.
* Hier op Upington rys deeg vinniger.
• Voeg rosyne by en knie af  tot rosyne ingemeng is.
• Laat weer deeg rys tot dubbel die grootte.
• Verdeel in 80 g bolletjies en plaas stewig langs mekaar
in ‘n ronde broodpan.
• Laat die deeg lekker uitrys en bak vir sowat 30-45 minute.

Kruise
• Meng bestanddele vir kruise saam tot ‘n stywe pasta.
• Spuit kruise bo-oor deel met ‘n versiersak.
• Bak vir 30 minute tot goudbruin.
• Verf dadelik die glasuursel oor en laat afkoel.
• Sit jou Paasbolletjies voor met botter en/of kaas saam met
tuisgemaakte konfyt.