21
Sat, Dec

Cakes
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

As ek reg onthou was daar ‘n tyd toe die bekende sjokoladekoek ongetwyfeld die koning van koeke was, maar in die laaste paar jaar is wortelkoek net so gewild en beslis kort op sy hakke!  Moenie ‘n fout maak nie jong, ‘n lekker sjokoladekoek bly maar ‘n wonderlike ding en ja, om die waarheid te sê, ek self het ‘n groot soettand en kan nie sommer nee se vir sjokeladekoek nie, maar as ek moet kies bly wortelkoek die bo-baas wenner! Mens het eintlik net een happie nodig om agter te kom hoekom wortelkoek ‘n wenner is. Die kombinasie van die verskillende bestanddele saam met die lagie versiersuiker en ja - veral die neute wat baie bakkers/baksters lief is om bo-op te strooi, maak wortelkoek sekerlik vandag een van die lekkerste koeke wat daar is.  Rustenburg Herald se kookspan het die voorreg gehad om die week saam met Maxine Deanne te kuier. Maxine deel haar resep met ons waar jy met net ‘n paar bestandele binne ‘n uur hierdie heerlike wortel-ringkoek aanmekaar kan slaan.

 

 

 

 

 

Bestandele:

1 k Suiker
3 Eiers
1 k Sonneblomolie
1½ k Koekmeel
½ tlp Koeksoda
2 tlp Kaneel
2 k Gerasperde wortels
½ k Pekanneute

Metode:

Klits 1k suiker, 3 eiers, 1k sonneblomolie saam tot romerig. Sif 1½k koekmeel, ½tlp bakpoeier, ½tlp koeksoda & 2 tlp kaneel by & klits saam vir 2 min.
Vou 2k gerasperde wortels & ½k pekanneute in.
Sit mengsel in ringpan & bak vir 35 min teen 180 grade celsius.

Versiersel:

125 g Roomkaas
100 g Botter
2 k Versiersuiker
1 tlp Vanieljegeursel
Voeg 125g roomkaas & 100g botter in ‘n bak & meng goed tot romerig.
Voeg stelselmatig 2k versiersuiker & 1tlp vanieljegeursel by en klits goed tot dit lig & romerig.
Versier die koek.