21
Sat, Dec

Cakes
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Haai, is dit nie ongelooflik hoe vinnig die tyd verbysnel nie? Ons het almal nou die dag nog om die Kersboompies gesit en sing, daarna was dit tyd vir Nuwejaarsvreugde en daar sluit die skole vir die einde van die eerste kwartaal alweer! Nouja, vir die kinders en die klompie grootmense en oumense wat so gelukkig is om saam vakansie te hou, is dit sekerlik ‘n groot lekkerte!
Dit voel tog of daar deesdae nie meer so baie mense is wat die voorreg het om vakansietye saam met hul kroos ledig te wees nie. Geniet dit solank dit hou…

Maar, ja, dit is mos meer as genoeg rede vir ‘n “celebration” soos die Engelse sê en wat ‘n beter manier om sommer vir komende naweek ‘n lekker koek te bak sodat die jongklomp en die mense met die soettande die vakansie op ‘n hoë noot kan begin – ook natuurlik om vir die gelukkige mense by die huis te laat besef dat hierdie lekker goed uit “ma se hande” kom en dat sy inderdaad opreg waardeer moet word.

Vandeesweek se ontmoeting vir ons weeklikse “Raak die klits kwyt”, is met Toané Swart – Rustenburg Herald se Mej Skou. Toané maak hierdie ryk en lekker koek so:

 

 

Bestanddele
375ml meelblom;
3 ekstra groot eiers; 
1 teelepel Vanilla-geursel;
1 koppie warm water;
½ teelepel sout;
1½ koppie suiker;
2 eetlepels olie;
2 eetlepels Kakao;
3 teelepels bakpoeier;

Metode
Klits suiker, eiers en Vanilla saam vir ongeveer 7 minute;

Kook water en olie. Sif die droeë bestanddele saam en meng met eiermengsel. Voeg kookwater by en roer goed deur. Skep dadelik in panne en bak vir 25 minute teen 180°C.

Versiersel
1 dosie Orley whip;
1 teelepel versiersuiker;
‘n stafie “Dark” sjokolade;
1 blikkies ingelegte pere;
1 pakkie Pekan-neute;

Metode
Klits room met versiersuiker tot styf. Sny skyfies pere fyn. Breek neute in stukkies en rasper die “dark” sjokolade. Voeg stukkies pere, neute en sjolokade by roommengsel. Vou die room in. Versier die koek wanneer dit heeltemal afgekoel het en geniet wanneer versiersel gestol het – geniet die vakansie!